Gordon, ’n Amerikaanse veghond, bly reeds langer as ’n jaar by die dieresorgsentrum weens sy mediese toestand.
“Gordon is nou al veels te lank by Mayhew. Hierdie intelligente, liefdevolle, tweejarige hondjie is so doof soos ’n kwartel, maar dit verhinder hom nie om almal te soen en sy stert aanhoudend te swaai nie,” lui ’n plasing van die oord in April op hul Facebook-blad.
Dit het die vrywilligers hartseer gemaak om te sien dat die pragtige hondjie nie aangeneem word nie en toe het hulle besluit om gebaretaal te beproef. En dit werk.
Gordon kan nou reageer op bevele in gebaretaal vir onder meer sit, bly en skud poot. “Hy reageer deur sy stert (baie geesdriftig) te swaai, te spring om meer liefde en kloppies op die kop te kry wanneer hy iets soos sit, bly, staan of loop reggekry het. Hy is baie liefdevol,” het Eric Hugenberg, een van die vrywilligers, gesê. Kyk na die video hier onder: Bronne: elitedaily.com, mirror.co.uk
Volunteers teach deaf rescue dog sign language so he’ll get adopted: http://t.co/Xy090Yw8hp pic.twitter.com/FmKSVUpshJ — Elite Daily (@EliteDaily) June 22, 2015
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET