’n Drama het ontvou by die Mej. Heelal-kompetisie toe Mej. Verenigde State haar verbasing laat hoor het oor ander deelnemers wat nie kan Engels praat nie. 

In ’n video wat glo op  Mej. Colombia Valeria Morales se Instagram Live-rekening vasgevang was gesels Sarah Rose Summers met ander mede-deelnemers hieroor. Valerie en mej. Australië, Francesca Hung, is teenwoordig in die gesprek. 

“Wat dink julle van Mej. Vietnam Nie?” vra Sarah oor H’Hen Nie. “Sy is so oulik en maak asof sy so baie Engels kan praat en as jy vir haar ’n vraag vra na julle ’n hele gesprek gehad het dan gaan sy [knik en glimlag].” Sy gee dan ’n helder lag.

“Sy is oulik.” Morales vra dan “Hoe?” en Sarah maak dit dan weer na.

Later in die video vra sy hulle ook oor Mej. Kambodja, Rern Sinat.

“Mej. Kambodja is hier sy praat niks Engels nie en nie ’n enkele persoon praat haar taal nie. Kan jy jou indink?” vra sy. “Francesca sê dit moet so isolerend wees en ek het gesê ja en so verwarrend.

“Arme Kambodja,” voeg sy by.

Die rekening waarop die video steeds sigbaar is, Grandslambeautyalliance vra daarby: “Hoe het hierdie gebeur, hoekom?”

Mense wat daarop kommentaar lewer is hoogs ontsteld en meen nie een van die dames verdien om te wen nie. “Hulle herinner my aan die film ‘Mean Girls’,” het Jennoe geskryf.

Marrymehyuk sê: “Hulle moet gediskwalifiseer word van die kompetisie. Grap of geen grap, hierdie is net onvanpas.”