“Ons vat dit maar nog dag vir dag. Ons kan nie gaan lê nie, anders was my seun se lewe verniet gewees,” sê Arina. 

Herman het op 19 Julie sy eie lewe by hul huis op Kestell in die Vrystaat geneem. 

’n Gedeelte van ’n brief wat hy agtergelaat het, het gelui: “I feel alone. They don’t want to be my friend. I’m a loser.” 

Arina sê hierdie feestyd gaan veral moeilik wees sonder Herman se teenwoordigheid. 

Wyle Herman Odendaal (12) het op Sondag 19 Julie s
Wyle Herman Odendaal (12) se begrafnisbrief. Hy het op Sondag 19 Julie sy eie lewe geneem. Foto: Verskaf

“Ons gaan nie eens hierdie jaar ’n Kersboom opsit nie. Dis vir ons baie erg om te dink dit gaan die eerste Kersfees sonder hom wees.” 

Volgens Arina wil hulle op Kersdag kerse aansteek ter nagedagtenis aan Herman. 

“Ons wil ook op die plek waar hy sy lewe geneem het, ’n blomtuin aanbring.” 

Arina het ná Herman se dood met ’n teenboelieveldtog begin om kinders te help wat by skole geboelie word. 

“Die veldtog is nog in sy beginstadium, maar ons wil nou saam met skoolberaders werk om probleme te identifiseer en kinders te help voor dit te laat is.

“Daar is so baie kinders wat hierdie jaar hul eie lewe geneem het. Ons wil ook daar wees vir ander ouers wat deur dieselfde gaan sodat hulle kan besef hulle is nie alleen nie.”

Arina sê al lê daar ’n hartseer Kersfees vir hulle voor, gaan Herman se lewe gevier word. 

“Ons weet hy het nou vrede waar hy is.”

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe