Ons dink: 3/5

As jy graag na Christelike musiek met ’n sterk rock-inslag luister, is hierdie dubbel-CD beslis vir jou.

Soos met die vorige Wow Hits-CD’s is die 30 grootste gospeltreffers van die jaar daarop saamgevat.

Met verwerkings van onder meer Jars of Clay en Third Day het jy liedjies wat jou aanbidding sal verryk – of dit nou in jou motor of by groepgeleenthede is.