Die ouers het in Maart die skoknuus van Thomas Swan se 5 cm-breingewas gekry. 

"Ek wed jou jy het nooit gedink die weerlig sal jou twee keer tref nie,” het Thomas volgens die Nottingham Post aan sy ma, Angela Swan-Dennis, gesê.

Thomas het sedertdien ’n operasie ondergaan om dit te laat verwyder. Maar alles kon nie verwyder word nie en hy kry nou behandeling om die groei van die kanker te vertraag, want dit is ongeneeslik.

“Sy jonger broer William, nou agt, kry ook behandeling in Birmingham en word twee keer per jaar ondersoek nadat lewerkanker by hom gediagnoseer is toe hy net 21 weke oud was,” berig die Mirror.

In ’n stadium, toe William 10 maande oud was, het hulle gedink hy het net ’n paar dae oor om te lewe, maar toe kry hulle gelukkig ’n skenker. Danksy die nuwe lewer het hy ’n tweede kans gekry. 

“Dis reeds erg vir ’n gesin om een keer deur so iets te gaan, maar om dit twee keer te beleef is net verskriklik,” het Angela gesê. 

Willam se kankerdiagnose was vir ons ’n beproewing. Toe ons hoor Thomas het ook kanker, was ons totaal uit die veld geslaan; ons het gedink dit kan nie reg wees nie.

Ons gesin is die afgelope agt jaar hel toe en terug.” 

Thomas het aan The Sun gesê hy bly optimisites dat daar ’n behandeling kan kom. 

Toe ek gehoor het my broer het kanker, was dit vir my meer ontstellend omdat ek hom nie kon help nie. Maar ek is nie so erg ontsteld oor my eie situasie nie. 

Ek wil soos normaalweg voortgaan. Ek het effens verveeld geraak van die niksdoen, want jy kan ook net soveel Netflix kyk. Ek wil ook niks van die dinge wat ek wil doen, uitstel nie.

Sy pa, Ric Swan-Dennis, ’n 44-jarige tronkbewaarder, sê die afgelope twee maande was hul lewe soos ’n “warrelwind”.  

Bronne: Nottingham Post; Mirror; The Sun