Die San Juan, Argentinië  se nuutste duikboot wat in 1983 te water gelaat is, het Woensdag oënskynlik spoorloos in die suidelike Atlantiese oseaan verdwyn terwyl dit van ’n roetine-sending na die vlootbasis by Mar del Plata, suid van Buenos Aires teruggekeer het.

Die duikboot is vir die laaste keer sowat 400 km van die Patagoniese kus gewaar.

Enrique Balbi, 'n vlootwoordvoerder, het gesê sedertien kon daar nog geen visuele of radar-kommunikasie met die duikboot bewerkstellig word nie.

Hy het egter die hoop uitgespreek dat die duikboot wel na die oppervlakte teruggekeer het.

Ten spyte van die groot aantal vaartuie wat na die duikboot help soek, was daar tot dusver nog geen teken van die vaartuig gewaar nie.

Pres. Mauricio Macri sê die regering is deurentyd in kontak met die 44 bemanningslede aan boord se familie.

Hulp

Die Britse vloot het reeds die HMS Protector aktiveer om hulp in die verband te verleen.

Samewerking van Amerika het daartoe bygedra dat Nasa ’n P-3-vliegtuig wat langafstand-vlugte kan aflê, beskikbaar gestel het. Argentinië self het ’n Hercules C-130 in die lug wat reeds betrokke by die soektog is.

Die Amerikaanse vloot het ook ’n P-8A Poseidon-vliegtuig aktiveer om met die soektog te help terwyl Brasilië, Chile, Uruguay, Peru en ook Suid-Afrika het reeds amptelik hulp aangebied het.

Die Poseidon met 21 bemanning aan boord sal van El Salvador se Comalapa-lugmagbasis vertrek. Dit was daar gestasioneer om patrollies by te staan wat onwettige bedrywighede aan die kus monitor.

Kos en suurstof

Daar word steeds desperaat na die duikboot gesoek terwyl weer- en seetoestande die soektog bemoeilik. Sterk wind, hoë deinings en ongure weer in die algemeen bied groot uitdagings aan diegene wat aan die soektog deelneem.

Daar word vermoed ’n brand aan boord het die kommunikasiekanale vernietig. Vloot-protokol bepaal dat ’n duikboot na die oppervlak moet gaan sodra daar geen kommunikasie moontlik is nie.

Intussen word daar gehoop dat die bemanning oor genoeg kos en voldoende suurstof beskik om te oorleef.

Sou hulle in hierdie stadium op batterykrag staatmaak vir oorlewing, benadeel elke uur wat verbygaan hul kans op oorlewing.

So lyk die duikboot van naderby

NOG OOR DUIKBOTE
  • Jules Verne, ’n Franse skrywer, se boek 20,000 Leagues Under The Sea (1870) het die belangstelling in duikbote en die ontwerp daarvan aangewakker.
  • Die eerste duikbote wat gebou is, kon net een of twee persone op ’n keer akkommodeer.
  • Duikbote is tydens die eerste Amerikaanse burgeroorlog gebou en gebruik.
  • In 2000 het 118 bemanning aan boord van die Kursk, ’n Russiese duikboot, hul lewe verloor toe verskeie ontploffings aan boord van die vaartuig plaasgevind het.
  • Duikbote stoor gewoonlik genoeg kos vir 90 dae aan boord en kan maande aaneen onderwater bly, maar diesel-aangedrewe duikbote (soos die ARA San Juan) kan net vir ’n beperkte tyd onderwater bly.
  • Verskeie flieks fokus op duikbote: The Hunt for Red October, K-19: The Widowmaker, Crimson Tide, U-571, Voyage to the Bottom of the Sea en  20,000 Leagues under the Sea.

Bronne: bbc.com, ndtv.com, news.usni.org