Elizabeth en Rayya het op 7 Junie 2017 tydens ’n intieme seremonie saam met vriende trou aan mekaar beloof. In daardie stadium was dit reeds bekend dat Rayya kanker het.

Elizabeth het op 7 Junie vanjaar weer 'n foto van die seremonie op Instagram gedeel en daarby geskryf: “Wat beteken vir ewig as een van die geliefdes terminale kanker het?”

En sy antwoord dit self: “Dis eenvoudig, dit beteken vir altyd.”

Sy vertel meer oor die treurproses waardeur sy is ná Rayya se afsterwe en sê sy het tot die besef gekom rou is ’n sterk energie wat nie beheer of voorspel kan word nie.

“Rou het sy eie rooster. Dit val nie in by jou planne of jou wense nie. In daardie opsig het dit baie gemeen met liefde.”

Volgens haar tref die hartseer haar met tye soos ’n tsoenami, met net genoeg waarskuwing om te weet dis op pad. Sy laat dit toe om oor haar te spoel, want dis al hoe sy haar rou-tsoenami kan oorleef: "Deur gewillig te wees om dit sonder weerstand te ervaar."

Dear Ones: This picture of me and Rayya was taken one year ago today, on the morning of our commitment ceremony — a day on which we bound our hearts to each other forever, in front of a small circle of friends. What does “forever” mean, when one of the lovers has terminal cancer? That’s simple: It means FOREVER. Six months ago this week, Rayya died. People keep asking me how I’m doing, and I’m not always sure how to answer that. It depends on the day. It depends on the minute. Right this moment, I’m OK. Yesterday, not so good. Tomorrow, we’ll see. Here is what I have learned about Grief, though. I have learned that Grief is a force of energy that cannot be controlled or predicted. It comes and goes on its own schedule. Grief does not obey your plans, or your wishes. Grief will do whatever it wants to you, whenever it wants to. In that regard, Grief has a lot in common with Love. The only way that I can “handle” Grief, then, is the same way that I “handle” Love — by not “handling” it. By bowing down before its power, in complete humility. When Grief comes to visit me, it’s like being visited by a tsunami. I am given just enough warning to say, “Oh my god, this is happening RIGHT NOW,” and then I drop to the floor on my knees and let it rock me. How do you survive the tsunami of Grief? By being willing to experience it, without resistance. The conversation of Grief, then, is one of prayer-and-response. Grief says to me: “You will never love anyone the way you loved Rayya.” And I reply: “I am willing for that to be true.” Grief says: “She’s gone, and she’s never coming back.” I reply: “I am willing for that to be true.” Grief says: “You will never hear that laugh again.” I say: “I am willing.” Grief says, “You will never smell her skin again.” I get down on the floor on my fucking knees, and — and through my sheets of tears — I say, “I AM WILLING.” This is the job of the living — to be willing to bow down before EVERYTHING that is bigger than you. And nearly everything in this world is bigger than you. I don’t know where Rayya is now. It’s not mine to know. I only know that I will love her forever. And that I am willing. Onward.??

A post shared by Elizabeth Gilbert (@elizabeth_gilbert_writer) on

Rayya en Elizabeth

Rayya, ’n skrywer van boeke en musiek, en Elizabeth het op 7 September 2016 hul verhouding openbaar gemaak. In daardie stadium het albei reeds geweet kanker is stadig maar seker besig om Rayya se lewenskrag te tap. Hulle was toe reeds 15 jaar goeie vriende en Elizabeth was getroud met José Nunes, van wie sy sedertdien geskei is.

Elizabeth het in ’n plasing op Facebook haar hart uitgestort oor die oomblik toe die nuus van Rayya se kanker bekend geword en sy gevoel het of haar hele bestaan deur ’n valdeur verdwyn.

“Ek en Rayya is saam. Ek is lief vir haar en sy vir my. Ek gaan dié kankerreis saam met haar aanpak. Ek is presies waar ek moet wees; die enigste plek waar ek kan wees.”

Ongeveer ’n jaar gelede het Elizabeth die lied Happy Home vir Rayya geskryf waarin sy haar gevoelens vir haar lewensmaat in woorde vaslê. Rayya het dit getoonset en ’n sielvolle vertolking daarvan gelewer. Sy was in daardie stadium reeds baie siek en in pyn.

Maar hulle het deurgedruk omdat “dit is hoe ons klein oomblikke van paradys op aarde vind, selfs deur die lyding, verlies en pyn”.

Toe Rayya sterf, het Elizabeth weer ’n plasing op Instagram gemaak. Daarin bedank sy Rayya onder meer omdat sy haar toegelaat het om tot op die oewer van die rivier saam met haar te kon stap.

“Dit was die grootste eer van my lewe. Ek sou jou rus in vrede wou toewens, maar ek weet jy het altyd vrede as vervelig beskou. Mag jy in opwinding rus. Ek sal altyd vir jou lief wees.”

Troos

Kan Riyya se gesprek met die kletskoningin Oprah Winfrey twee jaar voor haar dood dalk tog in ’n mate troos vir Elizabeth bring?

Daarin vertel sy hoe sy van “goeie hartseer” hou.

“Wanneer my hart stukkend is, moet ek ondersoek wie ek is en hoekom my hart so kwesbaar is daarvoor.

“My hart is wyd oopgebreek en dis 'n baie goeie ding.”

Sy het ook haar sielsgenoot beskryf as iemand by wie sy kan stil wees en haar eie mens kan wees, sonder al die stemme in haar kop wat sy in daardie tye as ’n “slegte buurt” beskryf.

Dis ’n sielsgenoot wat haar uit daardie donker hoekie sal laat kom. . .

Simptome van rou
  • Ontkenning: “Dit het nie gebeur nie”
  • Woede: Wanneer die pyn van jou verlies insink, kan jy gefrustreerd en hulpeloos voel. Dit is natuurlik om woede te ervaar teenoor die mens wat jou alleen agtergelaat het.
  • Bedinging: Woorde wat kan opduik, is “wat as . . .” of “as ek net . . . “ Dit sal in dié fase gereeld opduik.
  • Depressie: Weens die hartseer van die verlies en die impak daarvan op jou lewe. Simptome sluit in huilerigheid, slaapprobleme en verminderde eetlus. Jy kan oorweldig, berouvol en eensaam voel.
  • Aanvaarding: Jy kan steeds hartseer voel, maar besef jy kan met jou lewe aangaan.

Raad vir wanneer jy in rou is
  • Erken en aanvaar jou gevoelens.
  • Neem een tree op ’n slag en weet jy gaan eendag beter voel.
  • Leef voluit, want jou geliefde het voluit geleef
  • Skep ’n herinneringsboek met foto’s; skryf dinge neer.
  • Dit kan voel asof jy vir ’n lang ruk bedroef gaan voel; wees geduldig, daar is nie ’n verstrykingsdatum waarop die hartseer eensklaps uit jou lewe verdwyn nie.
  • Moenie ’n tydsbeperking plaas op hoe lank dit jou gaan neem om die verlies te verwerk nie.
  • Wees geduldig met mense wat geliefdes verloor het; luister na hulle. As jy self iemand verloor het, moet jy moeite doen om nie in isolasie te verval nie.
  • Doen positiewe stappe om die leemte te vul wat deur jou geliefde gelaat is.
  • Soek professionele hulp wanneer jy nie jou roetine kan hervat nie, depressief voel, jouself skade aandoen of deurlopend vir die verlies van jou geliefde blameer.
Hulp nodig?
  • Kom in aanraking met SADAG (Die Suid-Afrikaanse Depressie en Angstigheid-groep).
  • Beraders kan daagliks tussen 08:00 en 20:00 by 011-234-4837 gekontak word.
  • Bel die noodlyn 0800-567-567 wanneer jy selfdood oorweeg.
  • Kontak SADAG se 24-uur-hulplyn by 0800-12-13-14.

Bronne: womenintheworld.com, time.com, webmd.com