Volgens ER24 het paramedici ongeveer vyfuur die middag op die toneel gekom waar hulle ’n 31-jarige man met noodlottige beserings aangetref het. 

Hy is tydens die ongeluk uit die motor geslinger en gevolglik op die toneel dood verklaar. 

Die res van die beseerdes is op die toneel vir geringe tot matige beserings behandel. Hulle is daarna almal na die hospitaal geneem vir verdere sorg.  

Die oorsaak van die ongeluk is steeds onbekend.