Die voorval het Donderdag omstreeks 12:00 by die Hoërskool Nomzamo in Lwandle plaasgevind en die vlieënier is in die voorval oorlede.

Richard Coleman, ’n woordvoerder vir die Stad Kaapstad, het die voorval bevestig.

“Die Overwacht-pad tussen die N2 en die verkeersirkel in Simonstraat is gesluit. Meer besonderhede oor die voorval sal later bekendgemaak word.”

Russel Meiring, ER24-woordvoerder, sê met hul aankoms op die toneel het hulle een man gevind met verskeie beserings. Die man het geen teken van lewe getoon nie.

“Daar word beweer dat die helikopter in lewendige kragdrade geploeg het. Die presiese omstandighede rondom die voorval is nog nie bekend nie.”

Niemand anders is in die voorval beseer nie.

Die owerheid is op die toneel vir verdere ondersoek.