Oproeriges geklee in rooi EFF-uitrustings het Saterdag in topwinkelsentrums in verskeie dele van die land amok gesaai toe hulle stem dikgemaak het teen die H&M-kettingwikkel ná ’n klere-advertensie talle die harnas in gejaag het.  Dit kom voor die mense het protes aangeteken nadat ’n klere-advertensie deur talle as rassisties en ondeurdag beskou is.

In H&M-takke in onder meer Sandton en Menlyn het protesgangers glo groot skade aangerig in die proses. Aan die Oos-Rand het polisie selfs rubberkoeëls gebruik op die protesgangers.

In die V&A Waterfront in Kaapstad was daar ’n paar protesgangers wat luiddrugtig gesing en gedans het voor die winkel, maar dit is baie vinnig in die kiem gesmoor. Hoewel die deure vir ’n tydperk gesluit was en daar heelwat sekuriteitsbeamptes en polisie teenwoordig was.

Die situasie het taamlik vinnig tot bedaring gekom by die V&A Waterfront in Kaapstad. Foto: Annami Mailovich




Sosialemediagebruikers het behoorlik op hol gegaan en videogrepe en foto's van die tonele het soos 'n veldbrand versprei.