“Guess who is back, back again. Sheddings back. Tell a friend,” sing David in die video op sy Facebookblad op die maat van Eminem se treffer “Without Me”. Meer as 12 000 mense het al daarna gekyk.

“Ek het nog geen kommentaar van Eskom gekry nie,” vertel hy aan Huisgenoot. “Hulle het nie sosiale media nie; net soos hulle nie elektrisiteit het nie,” voeg hy by.

“Hy het besluit om die video te maak “omdat hulle mos sê jy moet jou gebroke hart in kuns verander,” verduidelik die meesterbrein agter die groep wat maar meestal uit hom bestaan.

“In hierdie geval was dit eerder: ‘gebruik jou gebroke elektrisiteit vir gratis publisiteit,’” skerts hy.

En wat doen hy as daar beurtkrag is? “Wel, net nadat die ligte afgegaan het nadat ek hierdie video geaak het, het ek in die ateljee gaan sit. In die donker. En ek het ’n hele blok sjokolade geëet terwyl ek oor my bestaan nagedink het.

"Goeie tye!”