Anastasia Pokresjoek (30) van Oekraïne sê sy is mal oor haar voorkoms, een wat sy die afgelope vier jaar met selftoegediende wangvullers handhaaf – met tegnieke wat sy aanlyn geleer het. 

“Jy dink dalk hulle is te groot, maar ek dink dis ’n bietjie klein. Ek moet dit binnekort verfris,” het sy in ’n onlangse onderhoud gesê.

Anastasia het op die ouderdom van 26 die eerste keer wangvullers begin gebruik en sedertdien nie opgehou nie. Sy het al tred verloor met hoeveel prosedures sy al ondergaan het.

Sy het tot dusver meer as R34 500 uitgegee op doen-dit-self-inspuitings van hialuronsuur, ’n soort tydelike dermavuller, om haar wange groter te maak.

View this post on Instagram

??? ????????? ahuenno ???? ????? ahuennih ????? ,???? ? ????? ???????? ?? ????????? @kati_kolmakova ??? ????????? ?? ????????? @seredaavram_ ??? ???????

A post shared by ??????????? (@_just__queen_) on

Anastasia, wat ’n graad in sielkunde het, sê die radikale verandering in haar voorkoms het haar selfvertroue ’n hupstoot gegee. Kyk jy na die foto's van haar voor sy met wangvullers begin het, kan jy nie glo dit is dieselfde mens nie. Sy lyk vandag heeltemal anders as voor sy die eerste keer wangvullers begin gebruik het.

“Vóór die vullers was ek verleë oor alles: My stem, my voorkoms. Ek dink ek was voorheen lelik. My ma dink ek was ’n natuurlike skoonheid, maar ek dink ek lyk nou eksoties. My vriende sê my nuwe voorkoms is beter, want ek het voorheen soos ’n grys muis gelyk.”

Die Britse kosmetiese chirurg Alex Karidis waarsku dat doen-dit-self- kosmetiese chirurgie baie gevaarlik is.

“Daar is ’n rede hoekom inspuitbare vullers deur ervare mediese praktisyns toegedien word. Net omdat iets nie-chirurgies is, beteken nie dis nie ’n mediese prosedure nie. Dit verg baie vernuf en kennis om dit te doen. Jy moet altyd seker maak jy is in ’n omgewing waar dit veilig gedoen kan word – nie in ’n kombuis of badkamer nie.”

Anastasia hou vol haar toerusting tuis is kiemvry, “nes dié van ’n dokter”.

Die chirurg sê egter dis “malligheid” vir mense om hul eie vullers in te spuit.

Anastasia sê haar voorkoms lok hope aandag in die regte lewe en in die sosiale media, en nie almal is positief nie.

“Daar was al mense wat vir my gesê het ek is ’n lelike t*** en dat ek myself moet doodmaak, maar ek lag dit af en ignoreer dit,” sê sy. 

Sy sê sy verdien geld deur haar Instagram-inskrywings en hoop om in die toekoms onder die mes te gaan. “Ek wil ’n borsvergrotingsoperasie kry, want moedernatuur het glad nie vir my borste gegee nie.”

Bronne: Mirror, Daily Telegraph, Ladbible.com, The Sun, Unilad.co.uk