Allermins!

Big Daddy, soos hy bekend staan, vier vanjaar sy 60ste jaar in die vermaaklikheidsbedryf en sy nuutste album, 60 Goue Jare, is nou op die rakke.

Die eerste musiekvideo vanaf die album, Lied van Hoop, is sopas uitgereik en Huisgenoot lesers kan eerste daarna kyk. 

Lance vertel toe hy dié liedjie hoor, wat deur Kobie Koen en Rudi Muller geskryf is, het hy dadelik geweet dat hy dit wil opneem.

“Omdat dit ’n positiewe boodskap van hoop oordra, het ek ook besluit dat dit die musiekvideo moet wees,” vertel hy.

Die video is op ‘n kleinhoewe aan die Oosrand, binne die werkswinkel van ‘n werktuigkundige, geskiet.

Kyk hier na die video: 

Luister na Lance James se gewildste treffers op Liedjie: