Elizma het Woensdag aan Huisgenoot.com gesê die twee mans met maskers aan het in haar ma se kamer ingegaan terwyl haar suster se twee kinders ook in die kamer was.

“My ma het gegil; dis toe dat ek wakker word. Hulle het my ma en die kinders in die kamer toegesluit,” het sy Woensdag vertel. 

Haar man het twee waarskuwingskote afgevuur, waarna die rowers gevlug het. Hulle het met twee handsakke, ’n skootrekenaar en R5 000 van haar ma, Elmarie Theron, gevlug. 

Elizma sê hulle sal haar twee kinders asook haar suster se twee kinders mooi dophou vir trauma. “Ons sal dat hulle en ons iemand gaan sien as dit nodig is,” het sy gesê. 

"Ek wil vanoggend net dankie sê vir elkeen van julle se bemoedigende woorde en gebede. Dit word uit die diepste plek van my hart waardeer. Dit is vir my net so hartseer om te sien en besef, deur julle kommentaar te lees hoeveel van julle al deur so iets is," skryf sy in die sosiale media. 

Lees die res van haar bedankingsbrief hier.