Die sanger en Jou Show-aanbieder, Emo Adams, se vrou, die model en sakevrou Michelle Gildenhuys, het hul seuntjie, wat onlangs gebore is, se naam in die sosiale media gedeel.
"Sy naam is Ziah Malik," skryf die trotse ma.
"My pragtige seuntjie is vandag ses maande oud. My klein Ziah, geen woorde kan beskryf watter vreugde jy in ons lewe bring nie. Ek het nooit kon dink ek sou nog meer kon liefhê nie – en toe kom jy."
Hul eersteling, Kadar, het onlangs ook sy tweede verjaardag gevier.
En ons dink hulle is pragtig!
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET