Op dié maatsoekprogram is die vroue in beheer en die mans moet beïndruk – in die ateljee en aanlyn.

Ons “kliek” bestaan uit agt vroue wat saam met Jack Parow in die ateljee sit. Die vier manne sit in ’n ander vertrek: die ram-kamp. Een man word dan lukraak gekies as die “ram” van die episode. Die vrou snuffel dan deur die ram se sosiale media om te besluit of hulle van hom hou of nie.

Ná die eerste ronde sluit die ram by die kliek in die ateljee aan waar die paneel van vroue hom vrae kan vra. Hy moet deur middel van sy antwoorde (en ’n spesiale uitdaging) die vroue beïndruk.

As daar teen die einde van die episode net een vrou oor is wat in die “ram” belangstel, gaan hulle direk daarna saam op ’n romantiese afspraak.

Die Kliek word vanaf 4 tot 13 Desember by ’n ateljee in De Waterkant, Kaapstad, verfilm.

Ouens moet beskikbaar wees vir enigiets tussen een en sewe dae. As jy net vir een dag kan kom, is dit ook doodreg. Meisies moet vir so veel agtereenvolgende dae as moontlik beskikbaar wees.

Verfilming begin soggens seweuur en eindig vyfuur die middag. Daar is ’n fooi per skietdag om verlof en vervoeronkoste te dek en daar word ook vir parkering betaal. Ontbyt en middagete word ook verskaf. En as jy op ’n romantiese afspraak gaan, word dit ook gedek.

Skietdatums

  • Maandag 4 Desember (een episode word verfilm)
  • Dinsdag 5 Desember (2 episodes word verfilm)
  • Woensdag 6 Desember (2 episodes word verfilm)
  • Donderdag 7 Desember (af dag)
  • Vrydag 8 Desember (af dag)
  • Saterdag 9 Desember (af dag)
  • Sondag 10 Desember (2 episodes word verfilm)
  • Maandag 11 Desember (2 episodes word verfilm)
  • Dinsdag 12 Desember (2 episodes word verfilm)
  • Woensdag 13 Desember (2 episodes word verfilm)

Die ideale kandidate moet tussen die ouderdom van 22 en 30 wees en moet in Kaapstad beskikbaar wees vir verfilming.

Om nóú in te skryf, stuur eenvoudig ’n e-pos na diekliek@gmail.com.

  • Seisoen ses van Die Kliek met Jack Parow begin 15 Februarie. Nuwe episodes van Die Kliek sal elke Donderdag om 20:30 uitgesaai word.