“Al wat ons weet, is dat ’n man in haar woonstel ingekom het en dat sy dood is,” het haar swaer Francois le Roux aan Huisgenoot gesê. “Ons weet verder niks nie.”

Hy was op pad lughawe toe om ’n vlug van Johannesburg na Kaapstad te onderneem om sy familie by te staan en wou nie verder oor die saak uitwei nie.

View this post on Instagram

HAVE AN AWESOME DAY!

A post shared by Lynette Volschenk (@lynettevolschenk7) on

Lynette se dood het skokgolwe deur die land gestuur toe dit aan die lig kom dat sy Woensdag in haar woonstel vermoor is.

Die Bellville-polisie ondersoek ’n saak nadat die 32-jarige Lynette se liggaam Donderdagoggend aangetref is.

“Die polisie het swartsakke met haar liggaam in ’n woonstel gekry,” sê polisiewoordvoerder sers. Noloyiso Rwexana. ’n Man (24) wat glo ook in die Seesig-woonstelblok woon is in hegtenis geneem en sal binnekort in die landdroshof in Bellville verskyn.

View this post on Instagram

Tour to Phi Phi islands

A post shared by Lynette Volschenk (@lynettevolschenk7) on

Netwerk24 berig dat haar kollegas na haar woonstel toe gegaan het toe sy nie vir werk opdaag nie. Hulle het ’n man met blou handskoene in haar woonstel aangetref. Hy het glo gesê dat hy daar werk. 

Lynette het aan die Hoërskool Velddrif gematrikuleer. Haar ouers woon steeds op dié dorp. Volgens haar LinkedIn-profiel was sy die afgelope vyf jaar ’n tekenaar by Lyners Consulting Engineers and Project Managers. Volgens haar Instagram-profiel was sy lief vir die natuur, baie gelowig en het sy graag tyd saam met haar familie deurgebring. 

Sy het vyf dae gelede natuurfoto’s gedeel van ’n familie-uitstappie by The River Siding, ’n wegbreekplek naby Wolseley in die Breederiviervallei.