Nikolas Cruz het op 14 Februarie 17 mense doodgeskiet en talle gewond by dié skool in Parkland Florida, Amerika.

Die paartjie is omstreeks tienuur die aand by die hoërskool gesien waar hulle artikels van die gedenkgebied verwyder het. Teddiebere, plaatjies en klein papierwindmeule is in hul motor gevind, berig die Daily Mail.

Hulle is op aanklagte van verwydering of skending van ’n graf of monument gevonnis, en word op $1 000 (sowat R11 500) borgtog aangehou.

Luidens die New York Post het Kennedy Maandag in die hof aangevoer hy is verkeerdelik in hegtenis geneem, aangesien dit nie ’n graf of monument is nie.

Volgens ooggetuies het die paartjie artikels geneem wat teen die heining van die skool gehang het, skryf NBC Miami.

Een van die leerders aan die Marjory Stoneman Douglas Hoërskool het aan die koerant The Sun-Sentinel gesê die monument is opgerig om slagoffers te eer.

“Ek is sprakeloos. Dis soos om van hulle (slagoffers), hul families en die hele gemeenskap te steel,” het Sari Kaufman (15) gesê.

Bronne: Daily Mail, New York PostNBC Miami, The Sun-Sentinel