Blykbaar verloop die hereniging van Jelena heel goed. Selena Gomez (25) en Justin Bieber (23) het mekaar onlangs gesoen by ’n amateurhokkiewedstryd waaraan Biebs in Los Angeles deelgeneem het.

Justin en Selena deel ’n soen. Foto: Great Stock/ Backgrid

Die twee het hul romanse hervat nadat Selena en die sanger The Weeknd uiteen is, maar dit lyk of sy toesig oor die “kind” gekry het – die hondjie wat die Starboy-sanger haar present gegee het.

Vir dié wat nie weet nie, Selena en Justin het drie jaar lank aan en af uitgegaan tot in 2014, toe hy opslae begin maak met sy stoutseungedrag. Maar hy het glo nou ’n nuwe blaadjie omgeslaan, en Selena is in die wolke.