Hy was in gebroke toe sy geliefde bulhond, Ringo van Coke, skielik einde 2017 oorlede is. 

Die sanger Francois van Coke het skaars woorde gehad toe ons in November bel oor die nuus, maar nou is Ringo verewig deur ’n tatoeëermerk op Francois se arm. 

Hy het ’n foto op Instagram gedeel van die nuwe lyfkuns wat hy aangeskaf het.

Hy het ook ’n foto gedeel van die kunstenaar wat dit vir hom gedoen het.

Thanks Manuela! @manuelagray @wildfiretattoos

A post shared by Francois van Coke (@francoisvancoke) on

Pas nadat Ringo November 2017 aan ’n hartaanval oorlede is het Francois gesê hulle het besluit om hom in hulle tuin te begrawe, omdat hulle graag sy energie naby hulle wil hou.

Dit is duidelik dat die sanger nog baie verlang na sy “beste pel”. 

In Desember het hy ’n foto geplaas van Ringo wat hom ’n high five gee en net voor die nuwe jaar aangebreek het, het hy sy nege beste foto’s op Instagram gedeel waarin Ringo in die meeste van hulle te sien was.

#tbt tot April 2015 Een van my fav #ringovancoke pics ??: @dievetman

A post shared by Francois van Coke (@francoisvancoke) on

Intussen lyk dit of die sanger gek is oor vaderskap en of hy nie genoeg kan kry van sy dogtertjie, Alexa Lila, wat in November een jaar oud geword het.

Holiday makers @laliewild & #alexlila

A post shared by Francois van Coke (@francoisvancoke) on

Chillin #alexlila

A post shared by Lauren Badenhorst (@laliewild) on

Parkiebank #alexlila

A post shared by Lauren Badenhorst (@laliewild) on

Ons kan maar net wag en kyk of die Badenhorst-gesin ’n nuwe troeteldier gaan aanskaf om die gat wat Ringo gelos het te probeer vul.