Die vrou, vermoedelik in haar 40’s, het gesterf toe die voertuig die tweede bushalte getref het. ’n Man is beseer by die eerste bushalte wat deur dieselfde voertuig getref is.

Die eerste voorval het kort na agtuur Maandagoggend plaasgevind. Kwalik 'n uur later is die tweede bushalte geteiken.

Luidens berigte is die bestuurder van die voertuig in hegtenis geneem.

Die voorval volg kort op die hakke van twee terreuraanvalle in Spanje en een in Finland verlede Donderdag en Vrydag onderskeidelik.

Bronne: buzznews.co.ukchakatribune.com, independent.co.uk, abc13.com