Die tuig het gewoonlik net 38 bemanningslede, maar op hierdie vaart was daar 44 aan boord van Argentinië se modernste duikboot. Dit was onderweg van die Ushuaia-vlootbasis in die suide van die land na die Mar del Plata-basis in die Buenos Aires-provinsie.

Dertien lande, waaronder Suid-Afrika, het aangebied om met die soektog te help. Amerika, Engeland, Noorweë, Brasilië, Rusland en selfs Nasa het reeds by die soektog betrokke geraak.

Woensdag het die Argentynse vloot bekend gemaak dat hulle op die laaste dag waarop hulle nog kontak gehad het met die San Juan 'n sogenaamde “hidro-akoestiese anomalie” – oftewel 'n onverklaarbare onderwater-geluid – gehoor het wat moontlik van die tuig afkomstig kon wees.

Dit is sowat 48 km van die tuig se laaste bekende posisie opgevang.

Kapt. Enrique Balbi, woordvoerder van die vloot, sê dié data word intensief bestudeer. Hy wou egter nie bevestig of dit ’n ontploffing was nie.

Die tegnologie wat veronderstel is om die duikboot onsigbaar vir radar te maak, kan daartoe lei dat dit nie betyds opgespoor sal word nie.

Hoewel die duikboot die nuutste in diens van die vloot is, is dit al in 1985 in Duitsland gebou en het op 19 November 1986 in Argentinië aangekom. Die 66 m lange duikboot het reeds meer as 34 jaar se diens in die vloot agter die rug.

Claudo Barera het dié foto op Twitter gedeel. Sy inskrywing daarby is as volg: "Dit is die ARA San Juan besig om deur die vorige regering herstel te word. Dit het reeds ’n halwe leeftyd agter die rug."

Die tuig het in 2008 instandhoudingswerk ondergaan wat die belangrike halwe-leeftyd-herstelwerk en -opgradering ingesluit het: ’n nuwe enjin, kragopwekkers, 960 nuwe batterye, pype en nuwe tegnologie. Dit het drie jaar geneem.

In September 2011 het die land se voormalige president, Cristina Kirchner, gesê die duikboot sal ’n verdere “nuttige leeftyd van meer as 30 jaar” hê. 

Volgens Nilda Garré, die gewese minister van verdediging, het die San Juan drie jaar agtereenvolgens diens gedoen en in 2013 boonop strawwe toetse geslaag ná ’n verdere opgradering.

Intussen duik daar gereeld gerugte op van klank- of radioseine wat opgevang word. Tot dusver is daar nog geen amptelike bevestiging dat dit wel van die San Juan afkomstig is nie.

Die bemanning

  • Kapt. Pedro Martín Fernández
  • Lt.Kmdr. Jorge Ignacio Bergallo
  • Lt. Eliana María Krawczyk (35): die eerste vrou in die geskiedenis van Argentinië wat nie net op ’n duikboot dien nie, maar ook ’n rang in daardie hoedanigheid beklee.

Hier wys Eliana die binnekant van die duikboot aan besoekers.

  • Dit is haar eerste jaar op die tuig en volgens haar suster, Silvina Krawczyk is sy gebore om ter see te wees.
  • Fernando Vicente Villarreal
  • Fernando Ariel Mendoza
  • Diego Manuel Wagner (sy suster het die foto op Facebook gedeel)

  • Víctor Andrés Maroli
  • Adrián Zunda Meoqui
  • Renzo David Martín Silva
  • Jorge Luis Mealla
  • Alejandro Damián Tagliapietra
  • Javier Alejandro Gallardo
  • Walter Germán Real
  • Hernán Ramón Rodríguez
  • Cayetano Hipólito Vargas
  •  Roberto Daniel Medina
  • Celso Oscar Vallejos
  • Hugo Arnaldo Herrera
  • Víctor Hugo Coronel
  • Víctor Marcelo Enríquez
  • Ricardo Gabriel Alfaro Rodríguez
  • Luis Marcelo Leiva
  • Jorge Ariel Monzón
  • Jorge Eduardo Valdez
  • Cristian David Ibañez
  • Mario Armando Toconas
  • Franco Javier Espinoza
  • Jorge Isabelino Ortiz
  • Hugo Dante César Aramayo
  • Luis Esteban García
  • Sergio Antonio Cuellar
  • Fernando Gabriel Santilli
  • Alberto Ramiro Arjona
  • Enrique Damián Castillo
  • Luis Carlos Nolasco
  • David Alonso Melián
  • Daniel Alejandro Polo
  • Germán Oscar Suárez
  • Leandro Fabián Cisneros
  • Luis Alberto Niz
  • Federico Alejandro Alcaraz Coria
  • Aníbal Tolaba

ARA San Juan

Die duikboot kan tot 30 dae op 'n slag ter see wees. Die standaardgetal bemanning is 37, maar dit kan volgens behoefte verhoog word. Die dieselaangedrewe tuig kan onderwater tot 25 knope (ongeveer 46 km/h) en op die oppervlak 15 knope (nagenoeg 28 km/h) haal.

Die San Juan is 8,35 m breed en 7,35 m hoog. Op die oppervlak verplaas dit 2 360 ton water en onderwater 2 575 ton.

Rusland se skandelike vertoonstuk

Voor die jaar 2000 het min mense geweet waar Widjajewo is. Maar vir Rusland was dit 'n plek van die uiterse belang. Dit was die basis vir hul kragtige kernaangedrewe duikbote. Dit het egter in 'n misrabele dorp in Moermansk ontaard nadat die Russiese ekonomie in duie gestort het.

Die Kurks (ongedateerde foto). Foto: Oleg Nikishin/Newsmakers

Die Koersk, 'n hipermoderne kernduikboot met 24 kernmissiele, was die trots van die Russiese vloot. Kapt. Genady Ljatsjin, met 22 jaar diens in die vloot, was in beheer van die monster. Hy was trots daarop, al het hy net 'n skamele R875 'n maand verdien vir die eer.

Op 10 Augustus groet hy sy gesin met die belofte dat hy hulle oor vier dae weer sal sien. Hy en 11 hooggeplaastes in die Russiese weermag het saam aan boord gegaan. Op 11 Augustus is die eerste torpedo suksesvol van die Koersk afgevuur.

Sake het met die tweede torpedo skeefgeloop. Die eerste van twee ontploffings het die voorkant van die duikboot vernietig. Water het ingestroom en die Koersk het na onder geduik. Twee minute later kom die duikboot 100 m onder die oppervlak tot rus.

Absolute stilte. Twee dae lank word net SOS-noodseine wat deur die bemanning aan die kant van die tuig in morsekode gehamer word, gehoor.

'n Week later het die laaste persoon van die 118 aan boord gesterf.

Tydens die herwinning van die Kursk op 8 Oktober 2001 het daar nog lug vanuit die gedoemde tuig ontsnap. Foto: STF/AFP/Getty Images

Bronne:YOU (7 September 2000) reuters.com, lanacion.com, msn.com, chililaonline.com