En hoeveel sal jy maandeliks betaal om te sien hoe jou oudkollega se eersteling hul eerste skooldiploma kry?

Dalk R132 of moontlik R596 per maand?

Wel, dit is wat jy dalk vir Facebook gaan betaal. Facebook se base dink glo nou daaraan om 'n advertensievrye en betaalde weergawe van Facebook bekend te stel.

Dit kom ná die reuseskandaal wat die sosiale netwerk onlangs in die nuus gehad het. 'n Dataversamelingsmaatskappy het na bewering miljoene mense se Facebook-data sonder hul toestemming versamel.

Dit kom ook nadat gebruikers gekla het dat sakeondernemings hul persoonlike inligting van Facebook gebruik om advertensies spesifiek vir hulle op hul profiel te plaas.

Met die voorgestelde betaalde Facebook-weergawe kan gebruikers hul profiel sonder advertensies geniet.

Volgens Buzzfeed kan Facebook sowat R132 maandeliks vra.

Mark Zuckerberg, die miljardêr-stigter van Facebook, het onlangs iets van 'n betaal-Facebook laat val, berig The Sun.

A post shared by Mark Zuckerberg (@zuck) on

Hoewel nog geen besliste plan bestaan om die netwerk een te maak waarvoor gebruikers betaal nie, het Facebook se hoofbeampte, Sheryl Sandberg, onlangs gesê 'n Facebook sonder daardie knaende advertensies sal een wees waarvoor gebruikers sal moet betaal.

Sal jy vir Facebook betaal?

Bronne: The Sun, Buzzfeed