Min het sy geweet dié dag sou haar motor met haar twee worshondjies gesteel word. 

“Ek het Spar toe gegaan en parkeerplek gekry. My huishulp gaan ook gewoonlik saam en het by hulle gebly,” vertel Riekie. 

“Ek was nie lank binne nie, seker so 10 minute. Terwyl Grace gaan geld trek het by FNB het iemand langs my gestaan en gesê hy wil die kar by my oorvat. Hy het my gedwing om uit die kar te klim en die kar by my oorgevat en weggery.” 

honde,vermis
Die hondjies sit op Grace se skoot, Foto: Verskaf

Riekie onthou sy was geskok en in trane oor wat pas met haar gebeur het. 

“Hy het nie ’n geweer of enigiets by hom gehad nie. Ek het dadelik my seun gebel en gesê wat gebeur het,” sê sy. 

“Hy het my na die polisiekantoor gevat en ons het ’n saak aanhangig gemaak. Ek het nog niks gehoor van my kar of enigiets nie.” 

Sy vertel verder dit was baie traumaties toe sy besef die man het met haar twee hondjies weggery. 

honde,vermis
Foto: Verskaf
honde,vermis
Foto: Verskaf

“Hulle gaan altyd saam met my. As ek sê 'kom ons gaan tata', is hulle eerste in die kar,” sê sy. 

Lilly en Harry was net ’n paar weke oud toe hulle die eerste keer by Riekie aangekom het. “Op 9 Augustus sal dit vier jaar wees.” 

Sy het haar Toyota Verso sedert Februarie 2012 en sê sy ry nog al die jare ’n Toyota-voertuig en dis die eerste keer dat haar kar gesteel word. 

honde,vermis
Die twee worshondjies was Riekie van Niekerk se lewe. Foto: Verskaf

“Ek is ’n weduwee, ek het alles saam met hulle gedoen. Hulle het by my in die huis geslaap en was my lewe. Elke dag is moeilik sonder hulle, want hulle was altyd daar vir my,” sê sy. 

Daar is ’n R10 000-beloning vir enigiemand wat haar twee honde vind.