Sers. Audrey Sefara, polisiewoordvoerder, het bevestig dat die polisie Dindagmiddag ’n soektog begin het.

“Daar is mense wat beweer dat hulle twee leeus in ’n oop veld agter ’n sportkompleks in Westonaria, naby die kruising van die N12- en R28-snelweg, gewaar het,” sê sy.

“Ons is nog nie seker of daar waarheid in die gerugte steek nie, maar neem nie die inligting ligtelik op nie en ons soektog in samewerking met wildbewaringsorganisasies duur voort.”

Dis nog onduidelik waar die leeus moontlik vandaan kon kom.

  • Audrey het versoek dat enigiemand met meer inligting die Westonaria-polisiekantoor kontak. Die nommer is 011-278-5395.