Danél Anderson, Amor se suster, het Sondag op haar Facebookblad geskryf: “Vandag kom smeek ek vir almal se gebede. My sussie lê in 'n baie kritieke toestand in ICU. Sy het van 'n perd afgeval en baie skade op haar skedel opgedoen.

“Sy het swelling op die brein en breinbloeding asook baie krake op menige plekke op haar skedel en klomp steke op haar kop. Sy is tans op 'n ventilator gekoppel en onder sedasie. Hou haar asseblief in julle gebede – ons het dit so baie nodig!”

Sy het ook gesê hulle mag glad nie met haar praat nie, want dan baklei sy teen die verdowing, terwyl die dokters poog om die swelling op haar brein af te kry.

Danél het Maandag weer almal vir hul gebede bedank: “Baie, baie dankie vir almal wat saam met ons bid. My sussie is nog steeds in ’n kritieke toestand in ICU.

Amor van der Schyff op haar troudag verlede jaar.
Amor van der Schyff op haar troudag verlede jaar. Foto: Facebook

“Die drukking op my sussie se brein het afgekom van 39 tot 21-24. Dit spring maar nog rond – die drukking moet tussen 5 en 15 wees.

Die breinbloeding is ook onder beheer gekry, maar is nog nie 100% gestop nie! Sy is ook steeds onder sedasie, op die ventilator en die breindrukkingmonitor!


“Sy is ook onder 'n dieper sedasie gesit omdat sy die heeltyd teen die sedasie baklei om wakker te word, en sy het pluisies ook in haar ore om ons stemme en ander geluide uit te blok! Asseblief moet nie ophou bid nie, sy is nog baie kritiek en enigiets kan nog gebeur. Ons het die gebede nog so baie nodig. Bid asseblief ook vir my ouers en my sussie se man!”

Dinsdag het sy geskryf: “Baie dankie vir almal se ondersteuning. My sussie se toestand is nog onveranderd – maar soos die dokter sê: Geen nuus is goeie nuus! Maar asseblief hou net aan bid vir haar!”

Danél wou Woensdag op navraag nie met Huisgenoot praat nie en het gevra dat die familie se privaatheid gerespekteer word: “Ons is nie op soek na sensasie nie, net gebede,” het sy gesê.

Verskeie mense na aan Amor sê hulle beskik oor baie min inligting oor wat gebeur het, maar dat hulle almal Amor, haar man en gesin in hul gedagtes hou en vir haar herstel bid.

Arno en Amor van der Schyff op hul troudag verlede
Arno en Amor van der Schyff op hul troudag verlede jaar. Foto: Facebook
Arno en Amor van der Schyff op hul troudag verlede
Arno en Amor van der Schyff op hul troudag verlede jaar. Foto: Facebook

“Ek dink hulle is almal nog gestres en baie hartseer,” het een vriendin, wat gevra het om anoniem te bly, aan Huisgenoot gesê.

Amor se ouers, Freddie en Marisa, bly op Riebeeckstad naby Welkom in die Vrystaat. Hul dogter is op Saterdag 26 Oktober verlede jaar met Arno van der Schyff by ’n spogvenue op Theunissen getroud.

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitter en Facebook en teken gerus in op ons nuusbriewe.