Lil Cox en Doris Dobday word op 95 jaar Brittanje se langslewende identiese tweeling genoem en dit lyk glad nie of die ouderdom hulle die pas laat verslap nie. 

Die twee, wat ná hul onlangse onderhoud op die ontbytprogram This Morning ’n internetsensasie geword het, het erken die geheim tot hul lang lewe is geen seks nie, sopies van die gewilde vlytbier Guinness en rou worstoebroodjies. 

“Van rou worstoebroodjies tot broekies agterstevoor dra, ons het vandag baie by die 95-jarige Lil en Doris geleer!” het This Morning geskryf by ’n plasing wat hulle van die tweeling op hul Instagram-blad gedeel het.

Tydens die onderhoud het Lil openlik oor haar obsessie met die Hollywood-ster Jason Statham gepraat. “Een nag saam met hom en ek sou . . . ” het sy vrolik gesê voor die program se aanbieders haar afgesny het, berig Mirror

“Ek dink hy’s fantasties. Hy’s ’n gawe ou,” het sy bygevoeg.

Bronne: Metro, This Morning show, People, Instagram, Mirror