As jy reeds jou Kersboom met veelkleurige liggies en versierings behang het en soek vir ander goed om te versier, kan jou wenkbroue volgende op die lysie wees. 

Christmas Tree Eyebrows ?? Yes or No? ?? #christmastreeeyebrows

A post shared by Taylor R (@taytay_xx) on

Die vlogger Taylor, van Toronto in Kanada, het Kers-wenkbroue geskep en dit het die jongste neiging in die sosiale media geword. 

Taylor, wat meer as 320 000 aanhangers op Instagram het, het die feestelike voorkoms geskep deur paadjies te trek en dit uit te kam deur was te gebruik.

Sodra dit vorm het, versier die Kanadese vrou haar wenkbroue met klein aanplakjuwele en goue sterre om dit daardie “Kersfees”-voorkoms te gee.

Haar oulike idee het ander geïnspireer om dit ook te beproef en vroue voeg ook groen oogskadu en blinkertjies by.

“Dis dol, maar ek’s mal daaroor,” sê ’n Instagram-gebruiker.

“Ek kan nie glo dit lyk so goed en oulik nie. Ek moet dit beproef,” het nog een laat hoor.

Bronne: metro.co.uk, popsugar.com, thesun.co.uk