Maar nou het ’n naelkunstenaar dit ’n bisarre stap verder gevoer deur 3D-naelkuns te maak waarop ’n afbeelding van Kim met wit onderklere aan haar agterstewe wikkel.

’n Russiese skoonheidsdeskundige wat onder die naam Nail Sunny werk, het ’n foto van die vreemd geverfde naels met haar 1,4 miljoen volgelinge op Instagram gedeel.

Hulle was nie die enigstes wat verstom was nie – selfs Kim het geantwoord deur  “OMG” te twiet.

Die skoonheidsdeskundige, wat as ’n kreatiewe genie beskryf word, skep ook ander sierlike naelkuns van bekendes. Sy gebruik ’n sintetiese materiaal om die lyf te skep en ’n naelvelletjieknipper om dit te vorm, berig The Metro.

Die video wat sy op haar Instagram-blad gesteel het, is meer as ’n miljoen keer gekyk en gebruikers het die kommentaargedeelte oorstroom. 

“Hierdie blad is goud,” merk een op.

Haar ontwerpe sluit ’n paaldanseres, Katy Perry en Nicki Minaj in.

’n Mens wonder net hoe vroue met dié kuns aan hul vingers dit regkry om hul hande te was. 

Bronne: The Metro, Instagram, Daily Mail