Dit volg ná Heidi Scheepers (35) en haar twee kinders, Cuzette (6) en Hugo (2), van Heroldsbaai sedert Dinsdagmiddag as vermis aangemeld is.

Heidi is glo die laaste keer gesien waar sy verby die Heroldsbaai Kafee gery het wat haar man, Ettienne, besit. Hulle het egter nooit by die huis opgedaag nie en het in ’n silwerkleurige Volkswagen Caravelle gery. Die soektog is Donderdagoggend met eerste lig "voortgesit", voeg kapt. Pojie by.

Daar is vroeër berig dat ’n gebreekte ruit en die binnekant van ’n motordeur se paneel Woensdag naby Voëlklip, ’n gewilde hengel- en uitkykpunt naby Heroldsbaai, gevind is.

Die polisie kon toe nog nie bevestig of die stukkende dele van die Caravelle afkomstig is nie, vertel kapt. Pojie. Heidi het na verneem word nie haar selfoon saamgevat nie en ook nie enige ekstra items soos bottels vir haar kinders nie. Huisgenoot het haar selfoon gebel.

Dit lui net.

Haar man, Ettienne, antwoord ook nie sy selfoon nie en het ook nie op Huisgenoot se boodskappe vir kommentaar gereageer nie. Heidi bestuur volgens haar en haar man se webtuiste verskeie vakansie-eiendomme.

Hul dogtertjie, Cuzette, is met Down-sindroom gebore. Heidi se Instagram-profiel is privaat.

Sy het net drie volgers en haar profielfoto is van haar en haar gesin. In haar profielbeskrywing skryf sy: "Geseënd met die beste, dankie Here Jesus. Ek is lief vir my man en ons twee kindertjies".

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.