“My vrou en dogtertjie is steeds nie gekry nie,” voeg Ettienne (36) by.

Hy gaan in hierdie stadium met niemand verder praat nie.

Sy vrou, Heidi Scheepers (35), is glo die laaste keer gesien waar sy verby die Heroldsbaai-kafee gery het, wat hy besit. Sy was saam met Hugo en hul dogtertjie, Cuzette (6), wat met Down se sindroom lewe.

Laat Donderdagmiddag het ’n polisiewoordvoerder, kapt. Malcolm Pojie, bevestig die lyk van ’n tweejarige is aangetref by wrakstukke onder op die rotse by Voëlklip naby Heroldsbaai. Die wrakstukke is moontlik van die Scheepers se Volkswagen Caravelle.

Klein Hugo Scheepers saam met sy sussie Cuzette Sc
Klein Hugo Scheepers saam met sy sussie Cuzette Scheepers. Sy lykie is by Voëlklip, Heroldsbaai gevind. Foto: Facebook.

“Ons polisieduikers sal hul soektog vanoggend omstreeks 09:00 hervat en teen die kuslyn langs van Mosselbaai tot by Wildernis beweeg,” sê kapt. Pojie aan Huisgenoot.

Luidens ’n ander gerug is Heidi en haar twee kinders, Cuzette (6) en Hugo (2), van Heroldsbaai buite George in die Suid-Kaap, Dinsdagmiddag die laaste keer op Heroldsbaai se strand gesien. Hulle het nooit by die huis opgedaag nie en het in ’n silwerkleurige Volkswagen Caravelle gery.

Die soektog is Donderdagoggend “met eerste lig voortgesit” voeg kapt. Pojie by.

’n Gebreekte ruit en die binnekant van ’n paneel van ’n motordeur is Woensdag naby Voëlklip, ’n gewilde hengel- en uitkykpunt naby Heroldsbaai, gekry. Die polisie kon nie bevestig of die stukkende dele van die Caravelle afkomstig is nie, vertel kapt. Pojie.

Etienne en Heidi Scheepers met hul dogtertjie Cuzette (6) toe sy nog n baba was.

Donderdagoggend was die pad na Voëlklip steeds gesluit en het verkeersbeamptes die ingang afgesper en beman, berig Netwerk24.

Die Heroldsbaai-kafee se deure was vroegoggend oop. Scheepers het na verneem word nie haar selfoon saamgevat nie en ook nie enige ekstra items soos bottels vir die kinders nie.

Huisgenoot het haar selfoon gebel. Dit lui net.