“Dis wat ons altyd vir mekaar gesê het oor die telefoon of persoonlik as ons groet. Dis nog so met my ander twee!”

“Ek het nou nog haar briefies wat sy altyd op my kopkussing gelos het om te sê sy is lief vir my. Valentynsdag was vir my 'n stil dag. Ek het geween in my stilte. Ek was dankbaar dat ek nog my ander twee kinders het.

“Dit raak nie vir my makliker nie. Dit word swaarder. Soos met Kersfees ook. Ek sien altyd haar oë voor my. Wanneer ek bid, sien ek haar oë.

“Ek hoop sy is gelukkig waar sy is. Ek wil net weet of sy veilig en gelukkig is. As sy vir haar ’n nuwe lewe geskep het, ek sal nie pla nie. Ek sal nie alles omvergooi nie, ek wil haar net weer vashou.

“Vandag is nie ’n goeie dag nie. Als is nou te rou.”

Gert van Rooyen en Joey Haarhoff.Foto: Argief