Teresa Meyer (48) het daarna haar eie lewe geneem. 

Dié voorval het by 'n kampeerterrein in die Cederberge afgespeel. Die Wes-Kaapse polisie kan nog nie presies vasstel wanneer die moorde gepleeg is nie en sê die voorval het tussen Dinsdag 18 Junie omstreeks 17:00 en Donderdag 27 Junie omstreeks 10:40 plaasgevind. 

Die polisie het reageer op 'n klag wat gekry is op 'n plaas in die Clanwilliam-distrik. Toe hulle op die toneel gekom het, het hulle op die gesin se lyke afgekom. 

Luhan (58) en Teresa Meyer en hul twee kinders, Lurese (12) en Luhan jr. (10), het elk skietwonde in hul kop gehad. 

Volgens bure het die gesin sowat twee jaar gelede vanaf Riebeeck-Wes na Moorreesburg getrek.

Luhan was voorheen 'n wetenskaponderwyser en Teresa het gereeld vir sake na Pretoria gevlieg.

Die egpaar het glo planne gemaak om na die buiteland te emigreer.

'n Mens verwag nie 'n familie gaan kampeer en die ma beplan 'n hele moord nie. Jy verwag nie sy vat 'n geweer saam na 'n kampeerterrein met die idee om haar gesin uit te wis en haar eie lewe te neem nie.

“Ons weet nie presies wat gebeur het nie, maar ons is geweldig geskok,” het 'n buurvrou, wat verkies om anoniem te bly, aan Huisgenoot gesê.

“Ek het gisteraand by die huis gekom en gesien almal is buite in die straat. Die polisie was oral. Ek vra toe een van die kinders wat gebeur het. Hy sê toe vir my: ‘Oom Luhan en tannie Teresa is doodgeskiet. Die kinders ook.'

"Teresa het hulle almal glo geskiet en toe haar eie lewe geneem. Dis verskriklik.”

Die egpaar en hul kinders was 'n oënskynlik gelukkige gesin en niemand in die buurt het onraad vermoed nie.

Lurese en Luhan was leerders aan die Laerskool Dirkie Uys.

“Die kinders in die straat het gereeld by Teresa en Luhan se kinders gaan kuier. Hulle was wonderlike mense.

“Die pa, Luhan, was 'n baie sagte persoon en dierbaar. Hy het altyd gesê as die kinders sukkel met 'n vak op skool, kan hulle na hom gaan en hy sal hulle help. Hy het gereeld met klein Luhan en my eie seuntjie op fietse hier in die straat afgery.”

Volgens 'n ander buurvrou het Teresa gelukkig gelyk.

“Ek kan nie dink sy sou so iets doen nie. 'n Mens lees van familiemoorde en verwag op 'n manier die pa sal so iets doen."

Volgens haar het die buurt se ouers besluit om nie enige details aan hul kinders oor die moorde te vertel nie, want dit onstel hulle te veel.

“Dit is geweldig sleg vir ons om vir ons kinders te vertel oom Luhan en tannie Teresa is dood en hul maatjies ook.

" 'n Mens verwag nie 'n familie gaan kampeer en die ma beplan 'n hele moord nie. Jy verwag nie sy vat 'n geweer saam na 'n kampeerterrein met die idee om haar gesin uit te wis en haar eie lewe te neem nie.

"Die moorde was so onnodig. Ons voel skuldig dat ons nie vroeër iets opgetel het nie. Dat ons nie raakgesien het dat iets iewers nie pluis is nie."

Die Clanwilliam-polisie ondersoek die omstandighede rondom die gesin se dood. 

Kom neem deel aan die gesprek. Volg Huisgenoot op Instagram, Twitter, Facebook en WhatsApp, en teken in op ons nuusbriewe.