Sy het glo altyd tydens elke fliek waaraan hulle saam gewerk het, lam in die knieë geraak teenoor haar sexy blonde medester met die blousel-blou oë en kenmerkende kantige kinnebak, Robert Redford. Jane Fonda, self iemand wat die koppe laat draai het om al die regte redes, het in die 1960’s en 70’s saam met Robert verskyn in The Chase, Barefoot in the Park en The Electric Horseman. Die twee het onlangs weer herenig vir Netflix se Our Souls At Night.
The tumultuous life and career of Jane Fonda, risk-taker https://t.co/HTrx87dyop pic.twitter.com/VHMGLEXBzg — Best Movies By Farr (@BMBFarr) March 20, 2017
“Ek besef tydens die vorige drie flieks was ek nog besig om volwasse te word. Ek was altyd verlief op hom. Ek het elke keer verlief op hom geraak,” het sy gebieg.
“So, as daar ’n dag verby gegaan het sonder dat hy met my gesels het, of dae wanneer hy nie met my wou praat behalwe as dit deel van die draaiboek was nie, het ek dit altyd persoonlik opgeneem en gedink ‘hy hou nie van my nie, ek het iets verkeerd gedoen . . .’. As hy deesdae nie met my praat nie, sê ek net ‘haai, Bob, kom nou’.”
Sy het in 2016 in ligte luim op die Late Late Show with James Corden die gehoor aan't skater gehad toe sy vertel van die keer toe Robert dit sowat ses maande vantevore gewaag het om haar deegliker te soen.
Dit het gebeur toe hy ’n spesiale prys by die Lincoln-sentrum ontvang het en sy hom daarna gegroet het. “Ek bedoel, dit was omtrent tyd! Na al die jare . . . en hy't dit nog nooit vantevore gedoen nie.”
?? ?? Jane Fonda (p: Nico Bustos), The Edit, March 2017. <Me, Jane.> 3/3 pic.twitter.com/Cskn1RBH3M — ?????? (@jmtastexx) March 10, 2017
Sy dink natuurlik steeds dat hy baie aantreklik is – iets waarmee Ellen geheel en al saamstem. Maar Jane het nog veel meer te sê gehad oor die man wat inderdaad vandag nog talle harte aansienlik vinniger laat klop. “Hy soen boonop baie lekker,” erken sy.
Sy en Robert kry natuurlik die kans om daardie stelling op die proef te stel in Our Souls At Night wat gaan oor twee bure, onderskeidelik ’n wewenaar en ’n weduwee, wat mekaar van aansienlik naderby leer ken.
Terloops, Jane is nie die enigste persoon wat voor Robert se sjarme wou swymel nie. Cate Blanchett, wat teenoor Robert in die fliek Truth gespeel het, het tydens haar onderhoud op Jimmy Kimmel Live in 2015 die volgende onomwonde verklaar: “Ek het sonder enige verskoning ’n onbeheerbare 'crush' op die man.”
Bykomende bron: Cover Media
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET