Zander Kotze (38) het op 7 Julie by die gholfklub met ’n plaaslike inwoner stry gekry. 

Volgens kringtelevisiebeeldmatetriaal was daar klappe uitgedeel en die rusie het na die parkeerterrein verskuif. 

Hier het ’n 40 jarige man glo by die bakleiery betrokke geraak.

Zander het daarna in die stadium geval en sy kop gestamp. 

Hy was op 14 Augusutus na die Mediclinic Muelmed in Pretoria geskuif in die hoop dat rehabilitasie hom sal kan bybring.

“Die familie het aanhou hoop dat hy uit die koma sou wakker word, maar hy was reeds breindood verklaar,” sê J.C. van Rooyen, ’n vriend van Zander. 

“Dokters kon niks meer vir hom doen nie.” 

Huisgenoot kon nie Zander se vrou, Mienkie, in die hande kry vir kommentaar nie. 

’n Bron naby aan die ondersoek sê dat sy dit baie moeilik vat en nie op hierdie stadium met enigiemand wil praat nie. 

“Die hele familie is stukkend. Jy dink jy gaan net om saam jou man te kuier en die volgende oomblik lê hy vasgekluister aan ’n bed en moet jy hom groet.” 

Kapt. Zandile Gwaqa, polisiewoordvoerder, het bevestig dat die verdagte homself aan die polisie oorgegee het. 

Hy is op borgtog van R2500 vrygelaat en moet op 9 September weer in die hof verskyn op aanklag van poging tot moord. 

“Daar word ook nou ’n saak van moord ondersoek,” sê Kapt. Gwaqa.