Hokaai, wag ’n bietjie! Verstaan ons reg? Hoekom? Dit proe glo op ’n haar nes spek. Dis reg. Daar is nou ’n plant wat nes spek proe!
Stop what you’re doing: This seaweed tastes like bacon and is healthier than kale http://t.co/P1TX20gKkg pic.twitter.com/ePENDtVPo4 — TIME.com (@TIME) July 16, 2015
Hierdie vreemde dog smaaklike skepping is eintlik ’n unieke vorm van ’n rooi seewier genaamd dulse. Dulse is propvol minerale en proteïene en lyk soos rooi blaarslaai.
Dulse word al jare geoes, gedroog en verkoop as aanvulling, maar is nog nooit as kos bemark nie.
Nou het wetenskaplikes die dulse in ’n superkos omskep – ’n kos wat soos spek proe.
“Daar is heelwat belangstelling om dit vars te gebruik. Maar hierdie goed is bra fantasties,” sê die hoofnavorser, Chris Langdon.
“Wanneer jy dit panbraai soos wat ek al gedoen het, proe dit nes spek, nie seewier nie. En die speksmaak is nogal sterk.”
Chris en sy navorsingspan het pas ’n finansiële hulp van Oregon se departement van landbou gekry om te bepaal of dulse op grootskaal geoes kan word.
Bronne: Time; CBS News
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET