Paul, wat in ’n Duitse akwarium gewoon het, het agt korrekte voorspellings gemaak asook Spanje se eindelike oorwinning destyds in Suid-Afrika. Hy is ongelukkig kort ná die toernooi oorlede. 

Nou is daar ’n rits ander diere wat ook naam maak met hul heldersiendheid, van wie een ongelukkig reeds in die pot beland het. 

Achilles  

Achilles die kat. Foto: Getty Images

Achilles die kat is volgens CNN vanjaar se groot voorloper. Sy eerste vier voorspellings was almal in die kol, maar hy het onlangs vasgeval toe hy voorspel het dat Nigerië vir Argentinië sou klop. 

Achilles is doof en woon in die Hermitage-museum in St. Petersburg, Russia waar hy rotte vang in die kelder. Hy maak sy voorspelling wanneer hy kies tussen twee bakkies kos waarin die onderskeie lande se vlae ingesteek is. 

Nelly 

Nelly die olifant. Foto: Getty Images

Nelly die olifant, wat stem deur sokkerballe in die net te skop, is nie net geliefd vir haar sokkervaardighede nie; sy het ook al 30 uit 33 korrekte voorspellings gemaak in onder meer twee vorige wêreldbekertoernooie. 

Dit lyk egter asof nie sy juis aktief is met vanjaar se toernooi nie. 

Rabiot

Rabiot is ’n seekat wat die uitslag van al drie Japan se groepswedstryde reg voorspel het. Hy is egter sedertien opgekap en op straat verkoop, aangesien sy eienaar volgens GQ belangstelling verloor het nadat Japan uit die toernooi geskakel is.  

Mystic Marcus

Marcus is ’n vark van die Engelse platteland wat die toekoms met verbysterende akkuraatheid voorspel. Sover was al sy voorspellings korrek en het hy ook die meeste van die kwarteindfinaliste korrek voorspel. Volgens sy eienaar, Juliette Stevens, was hy nog nooit verkeerd nie, berig BBC.

Hy het ook al Wimbledon-eindstryde en die uitslag van die onlangse Amerikaanse verkiesing korrek voorspel.