Hierdie Checkers-resep is so lekker, jou kinders sal nie eens besef hulle eet gesond nie!
(Maak 4)
Jy benodig:
2 piesangs
2 klein rooi appels
1 groot eetlepel grondboontjiebotter
2–3 koppies jogurt
Sny die appels in klein blokkies, en hou die skil aan. Sit al die bestanddele in ’n vermenger, en meng tot glad. Gooi in klein glase en bedien.
Indien jy jou mengeldrankies meer loperig verkies, kan jy laevet-melk of meer water byvoeg.
Resep en foto: Lesley Scott.
Vir hierdie resep en nog smullekker kos-idees, besoek Checkers.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET