“Ek is baie opgewonde vir dié nuwe reis en om saam met so baie fantastiese mense te werk,” sê hy.

Alex sal elke Saterdag en Sondag soggens die Weekend Breakfast tussen sesuur en elfuur aanbied.

Die bekende radiostem gaan hom binnekort by Jacaranda FM aansluit

Hy sal ook van Maandae tot Vrydae tussen twaalfuur en vieruur die middag saam met Sasha van Gelder op Jacaranda se streekradiostasie in Limpopo en Mpumalanga te hoor wees.

“Ek is mal oor nuwe uitdagings,” sê Alex, wat al meer as 36 jaar se radio-ervaring het.

“Ek dink die grootste uitdaging gaan die high school hits wees wat ek op naweke sal moet speel. Ek en my kinders luister net na nuwe musiek, maar ek sien uit om 'n bietjie nuwe musiek uit die 90's te ontdek.

“Die skuif na Jacaranda FM is 'n nuwe begin vir my,” sê hy.

Alex se stem is veral bekend op 94.7 waar hy tot onlangs gewerk het.

“Die skuif hou groot potensiaal in vir my en ek gaan die geleentheid hê om met 'n groter gehoor te verbind, 'n gehoor met wie ek dalk nie in die verlede gesels het nie. Dit is fantasties!,” sê hy.