“Vannaand (sic) gaan ek rustig slaap, want ek het die uitslag van Kylie se mediese toetse ontvang en daar is geen tekens van n (sic) ernstige siekte nie," het Amor gister op haar Facebook-blad aangekondig. 

Amor het verduidelik daar is bakterieë wat in Kylie se blaas groei en haar limfkliere nadelige beïnvloed. Daarom was haar bloed swart en dik en was ’n biopsie nodig. ’n Dokter het ’n sterk antibiotikum en nog medikasie vir Kylie voorgeskryf. Sy sal oor twee weke vir ’n opvolgbesoek moet gaan.

“Ná twee dae van verskeie toetse is daar gevind dat Kylie se limfkliere op verskeie plekke in haar liggaam abnormaal groot is. Sy was opgeneem vir 'n biopsie en verdere toetse. Ons verwag die resultate volgende week. Dankie aan almal vir u gebede en sorg. Ek is baie trots op hoe braaf Kylie is,” het Amor verlede Donderdag in ’n Facebook-inskrywing gesê. 

“Dankie aan ’n ieder en elk wat saam met ons gebid het. Ons gebede is verhoor! Halleluja!” het Amor gesê.