Joseph Mabuza, woordvoerder vir Mpumalanga se departement vir gemeenskapsveiligheid en skakeling, sê die ongeluk het omstreeks 03:50 op die N4 by Karino, naby Mbombela, plaasgevind.  

Mabuza sê albei voertuie het as gevolg van die ongeluk aan die brand geslaan.

Sewe mense is op die ongelukstoneel dood en twee het later in die hospitaal aan hul beserings beswyk.

“Van die sewe is ses onherkenbaar verbrand,” sê Mabuza.

Ná die ongeluk is die pad vir verkeer gesluit en Mabuza moedig motoriste aan om die Kanyamazane-pad na Mbombela te gebruik.

Bron: news24.com