Die jaar staan einde se kant toe en dit lyk behoorlik of mense meer kreatief raak.

Kersfees-lippe is die nuwe gier wat soos vele ander in die sosiale media kop uitgesteek het en die internet (soos gewoonlik) laat gons.

As jy een is wat tred hou met die jongste modeneigings en dié feestyd na verskeie Kerspartytjies genooi is, is die neiging dalk net die een vir jou.

Daar was nou al Kersfees-wenkbroue, -naels en -wimpers. Wel, dis nou tyd vir dié lippe.

Kyk hier na van die jolige lippe:

...Oh Wow #christmaslips #amazing #wow

A post shared by Jessica Owen (@theantiwrinklenurse) on

As dié lippe jou nie van Kersfees-opwinding laat skree nie, weet ons nie wat sal nie . . .

Bronne: Metro, Instagram, The Sun