Haai, is dit 'n vark? Bisarre vis met otgesig verstom

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister
Foto: Newsflash/Magazinefeatures.co.za
Foto: Newsflash/Magazinefeatures.co.za

Matrose op ’n vlootvaartuig het die vis op 19 Augustus by die Darsena Medicea-marina in die dorp Portoferraio by die Italiaanse eiland Elba in die water gewaar. Toe hulle die dier uit die water trek, het hulle gesien dit is ’n haai met ’n gesig wat soos ’n vark s’n lyk. 

Die gedierte was darem nie die een of ander monster nie. Dit is geïdentifiseer as ’n uiters seldsame hoekige ruwehaai (Oxynotus centrina), ook soms bekend as ’n varkhaai, wat gewoonlik tot 700 m onder die oppervlak leef.

Die haai verskyn op die IUCN-rooilys as bedreig, wat beteken dit word selde opgemerk. Al is die haai drie weke gelede uit die water gehaal, het die nuus van die ontdekking eers begin versprei nadat foto’s van die vreemde seedier in die sosiale media gelaai is.  

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

21 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees