’n Familielid het bevestig dat haar lyk op die strand by Scarborough naby Kappstad gevind is. Die Nasionale Seereddingsinstituut het dit verwyder. 

Sers. Noloyiso Rwexana het bevestig dat ’n vrou se lyk gevind is waar dit dryf in die vlakwater en dat polisie tans die voorval ondersoek.

Dieselfde familielid het bevestig dat Anna ’n ywerige swemmer was en gereeld in die oggende in die see gaan swem het. 

Dit kom minder as ’n jaar nadat die lyk van haar 21-jarige Matie-dogter op 27 Mei 2017 langs die pad buite Stellenbosch gevind is. 

Eben van Niekerk, Nashwill Julies, Vernon Witbooi and Geraldo Parsons word daarvan aangekla dat hulle Hannah verkrag en vermoor het tydens ’n aanval op haar en haar vriend Cheslin Marsh.    

Cheslin het die aanval oorleef en verskeie beserings opgedoen. 

Die vier se verhoor sal na verwagting in Mei vanjaar begin.