Volgens die familie se woordvoerder, Rafique Modack, het Faieza aan ’n skaars vorm van limfkanker gely.

Sy laat haar man, seuns Tariq (31) en Azhar (28) en dogter Aniqa (wat more 27 word) agter.

“Faieza het ’n vol lewe gelei. Sy was vanaf die eerste demokratiese verkiesing in Suid-Afrika in 1994 die partyverteenwoordiger van die ANC in die Wes-Kaap,” het Rafique bekend gemaak.

Volgens hom het Faieza, wat ’n meestersgraad in openbare gesondheid het, ’n aktivis in haar eie reg wat Siraj ondersteun het sodat hy nog ’n groter rol in die gemeenskap kon vertolk.

Die sportiewe Faieza het in 2016 vir die eerste keer die uitmergelende Comrades-marathon in KwaZulu-Natal aangepak en voltooi. Sy het ook graag berg geklim, waaronder Kilimanjaro en die basiskamp by Everest.

Dr. Anwah Nagia, direkteur van die Palestynse museum en ’n drie dekade lange vriend, het Faieza geloof vir haar toewyding om politieke verandering teweeg te bring en ook hoe sy gemeenskapsgesondheid bevorder het.

“Ons gaan haar bydrae mis. Sy was ’n baie toegewyde persoon en ons weet hoeveel lewens sy geraak het en hoeveel sy verander het.

“Ek dink die kinders gaan haar met groot deernis mis want daar was nie ’n sport- of akademiese plek waar Faieza nie in die kar geklim het en vir Tariq, Azhar en Aneeqa soontoe geneem het nie. Sy het haar lewe gewy aan die gemeenskap, haar familie en haar gesin,” het Anwah bygevoeg.

Vroeër vandeesweek is een van die opspraakwekkende hofsake waar Siraj die regter is, dié van Henri van Breda, uitgestel tot 21 Mei.

Twitter reageer

Bronne: news24.com, vocfm.co.za, iol.co.za, sabcnews.com, timeslive.com