Volgens Netwerk24 het sy haarself op Dana se 55ste verjaardag in Rudi Nienaber, ’n vriend, se motor vergas. 

Dana en Anette sou op 9 Desember getrou het. Hy het in Junie vanjaar die goeie nuus aan Huisgenoot bevestig en ook op Facebook oor hul verlowing geskryf.

Anette Roberts en Dana Snyman. Foto: Facebook

“Miskien sal ek eendag ’n boek daaroor skryf: hoe ons afsonderlik moedeloos en gekwel was, hoe ons ontmoet het, hoe ons verlief geraak het . . . Dis ’n patetiese, wonderlike, skrikwekkende, dankbare ding om in jou middeljare verlief te raak. Jy ervaar emosies waarvan jy vergeet het. Jy raak effe simpel. Jy wil weer begin om dinge soos “Dankie dat jy jy is,” in jou liefdesbriefies te skryf,” het Dana geskryf in die inskrywing. 

Anette Roberts en Dana Snyman. Foto: Facebook


Hy het ook op Facebook verduidelik dat hulle albei voorheen getroud was en dat dit nie altyd maklik is nie.

“Ons het geleef, opreg geleef en foute gemaak. Ek wil nie te veel verduidelik nie. Ek en Anette is lief vir mekaar, en ons is sag met mekaar. Anette woon in Bloemfontein; ek op Jacobsbaai.

Hou Huisgenoot.com dop vir meer inligting.