book-icon Uitgawe 7 Maart 2019

Hel op aarde wag vir moorddadige dwelmbaas

akkreditasie
Die dwelmbaas Joaquín “El Chapo” Guzmán Loera. Foto: Greatstock/Shutterstock
Die dwelmbaas Joaquín “El Chapo” Guzmán Loera. Foto: Greatstock/Shutterstock

Hy het as die Houdini van dwelmbase bekend geword, ’n booswig wat deur g’n muur of tralies ingehok kon word nie. 

Eenkeer het hy bewaarders omgekoop om hom in ’n wasgoedwaentjie na buite te smokkel. 

En dan was daar die keer toe hy ’n tonnel met luggate, elektriese lig en dakstutte van buite die tronk tot onder sy sel laat bou het. 

In die tonnel het ’n motorfiets gewag waarmee hy na vryheid gejaag het. 

Maar dié ontsnaptoertjies is waarskynlik nou iets van die verlede vir Joaquín Guzmán Loera, oftewel die dwelmsmokkelaar El Chapo. 

Die berugste tronk ter wêreld, bekend as die “Alcatraz van die Rockies”, is waarskynlik sy voorland wanneer hy in Junie vanjaar gevonnis word vir die misdade wat ’n moorddadige dwelmsindikaat onder sy beheer uitgevoer het. 

Uit dié “hel op aarde” sal El Chapo (61), wat oor die jare sowat R196 miljard ryker geword het uit onwettige dwelmhandel, nooit ontsnap nie. Hy sal daar agter tralies sterf. So reken Amerikaanse wetstoepassers altans.

Amptelik is die afgeleë tronk, sowat 185 km van Denver in die Amerikaanse deelstaat Colorado, die Administratiewe Maksimumfasiliteit, maar almal noem dit Supermax. 

Dis die tuiste van die berugste en gewelddadigste misdadigers ter wêreld. 

“Hulle was al voorheen in ander tronke waar hulle wagte en selfs ’n besoeker vermoor het,” sê Robert Hood, oudbewaarder van Supermax, oor die gevangenes. 

“Terroriste, geharde bendelede, spioene.” 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

21 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees