Volgens ’n GoFundMe-blad wat die 33-jarige se vriende op 9 November opgestel het, het Ed en Nicola huis toe gestap toe ’n motor by die sypaadjie opry, hom teen ’n muur vasdruk en sy bekken vergruis.

Ed is in die ambulans klinies dood verklaar, maar paramedici het hom later bygebring. Sy been is in 11 uur lange operasie afgesit en hy was twee weke lank in die hoësorgeenheid van die Southmead-hospitaal, berig Bristol Live.

“Ek onthou toe die motor my tref, maar ek onthou nie veel daarna nie,” sê hy.

’n Lang herstelpad lê vir hom voor. Hy sal maande lank in die hospitaal moet deurbring en nie kan werk nie. 

Die aanlyn geldinsamelingsblad met die titel Bionic Ed is geskep om die finansiële druk te verlig terwyl hy aansterk. Meer as R1,4 miljoen is reeds ingesamel.

“Ons weet dis nou daardie tyd van die jaar waar geld skraps is; dus sal enige skenking wat jy kan maak, groot of klein, so baie beteken,” lui dit. 

“Dit sal ’n reuseverskil maak deur bykomende stres te verlig wanneer Ed en Nicola die hospitaal verlaat,” lui dit verder. 

Ed sê hy is dankbaar oor die oorweldigende steun wat hy kry, berig Mirror.

“Ek het so baie boodskappe van mense gekry wat my regtig geraak het. Ek wil net graag elkeen bedank wat ’n skenking gemaak of in aanraking gekom het om my beterskap toe te wens,” voeg hy by.

Bronne: Mirror, GoFundMe, Bristol Live