Die voorval het Sondag by ’n lugskou by Amay in België plaasgevind tydens ’n valskermsprong-demonstrasie.

Dit sou egter na afloop van die drie se sprong uit die helikopter wees dat die tweede vlieënier besef het daar’s groot fout.

Die mede-vlieënier wat die soldate met hul sprong gehelp het, se sitplek was leeg en sy deur was oop. In daardie stadium was die helikopter na bewering op ’n hoogte van 1 km in die lug en dit het grondwaarts begin tuimel.

Gelukkig kon die oorblywende vlieënier daarin slaag om beheer oor die tuig te herwin en ’n veilige landing te maak.

Vlieëniers aan boord van die helikopter word nie met valskerms toegerus nie.

Die weermag het nie verdere besonderhede bekend gemaak nie, maar nadat daar Sondag vir ure na die vermiste vlieënier gesoek is, is daar bevestig dat hy gesterf het.

Bronne: airlive.net, deredactie.be, xpats.com