Maar – glo dit of nie – dit is wat Mitesh Patel (37) se soektog-geskiedenis op sy rekenaar wys. Mitesh word aangekla van die moord op sy vrou, Jessica (34).  Dié paartjie besit ’n apteek en Mitesh sou R38 miljoen kry na sy vrou se dood op 14 Mei vanjaar. Mitesh hou vol daar was ’n inbraak by die huis. 

Hy het haar glo met ’n kruidenierswinkelsak versmoor in hul huis in Middlesbrough, Engeland.

Mitesh het in die Teesside Crown-hof skuld op sy vrou se moord ontken, maar dié hof het gehoor dat Mitesh glo aanlyn soekfrases soos “I need to kill my wife” en “plot to kill my wife, why do I need co-conspirators” op sy rekenaar ingetik het. 

Volgens die staatsaanklaer Nicholas Campbell strek dié internetsoektogte sowat vyf jaar terug en Mitesh het na bewering ook navorsing gedoen oor hoe mens ’n sluipmoordenaar huur, hoe om iemand te verwurg en hoe om weer jou weg te vind na jy ’n eggenoot verloor het.

Wat sake nog verder vir Mitesh vererger het, is dat hy dae voor sy vrou se dood terwyl dié twee met vakansie in die Kanariese eilande was, aanlyn na seks gesoek het, voer Nicholas aan. 

Die hof het ook gehoor dat hy met verskeie mans wat hy aanlyn ontmoet het, seks gehad het. Hy het glo ook beoog om ’n nuwe lewe saam met sy "sielsgenoot" in Australië te begin. 

Die hofsaak duur voort.

Bronne: Mirror, TeessideLive